Hulle skep hoop uit wanhoop Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 14 April 2022 09:46
Untitled Document

Nasionale Maatskaplikewerkersdag is op 15 Maart gevier en uitslae is bekendgemaak van ’n nasionale gemeenskapstudie deur Solidariteit Helpende Hand.

Christia Potgieter, Helpende Hand se hoof van maatskaplike dienste, het gesê dat baie druk nou, meer as ooit tevore, geplaas word op die emosionele, finansiële en fisiese welstand van individue, gesinne en gemeenskappe en dat maatskaplike werkers ’n integrale rol speel in die skep van hoop uit wanhoop.


Van links na regs: Annemarie van Heerden; Rene Roux; Yolandi Theron; en Melissa Nel in die Kleinfontein-gemeenskapsaal

Meer as 15 000 respondente in Afrikaanse gemeenskappe het aan die studie deelgeneem en die volgende behoeftes staan uit: Omtrent ses uit 10 mense is finansieel slegter af as drie jaar gelede; sewe uit 10 het finansiële advies nodig; ses uit 10 het skuld.

Een uit elke twee mense ervaar depressie, angs en eensaamheid in hulle gemeenskap; een uit twee ondervind konflik in hulle huwelik; een uit vier alkoholmisbruik in hulle gemeenskap; een uit vier onbeplande swangerskap en egskeiding in hulle gemeenskap; een uit vier gewelddadige misdaad en boelie-gedrag in hulle gemeenskap; en een uit vyf kan soms nie medikasie bekostig nie.


Helpende Hand se Melissa Nel, links, en Annemarie van Heerden, regs, saam met van die Kleinfontein-sorgsentrumbewoners, dominee Lood, sy vrou tannie Silja en hulle dogter, Petra

Helpende Hand se Kleinfonteintak het onlangs ’n ontmoeting met die gemeenskap gehad waar hoofkantoorpersoneel, streekpersoneel en taklede meer oor hulle werksaamhede vertel het. Rene Roux, Helpende Hand se hoof uitvoerende beampte van kommunikasie, Yolandi Theron, administratiewe hoof van die studiefondssentrum en Lizelle van der Klashorst, hoof van die studiefondssentrum het die geleentheid bygewoon.

Annemarie van Heerden, Mpumalanga en KZN Noordstreek se streeksorganiseerder, en Melissa Nel, assistent streeksorganiseerder, was ook daar.


Annemarie van Heerden, Lizelle van der Klashorst, Melissa Nel en Santi Prinsloo, voorsitter van die Kleinfonteintak

Kleinfonteiners kon dié dag meer uitvind oor dit wat Helpende Hand daagliks doen, projekte wat hanteer word en hoe hulle poog om voorspoed te verseker en armoede te verlig, verbreek en te voorkom.

Vir meer inligting, bel Santie Prinsloo by 082-443-2073 of Melissa Nel by 072-660-7345.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger