Wonderlike ding Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 14 April 2022 09:45
Untitled Document

Vir die 93 jarige oom Kosie Snyman bly ’n donkie deur die jare ’n wonderlike ding. As hy by sy dogter, Riana Snyman, op hulle Shere-hoewe kuier, kan die drie inwonende donkies (sy noem hulle twakkies) en haar pa, ‘Oups’, nie genoeg van mekaar kry nie en word daar behoorlik gekuier.


Oom Kosie Snyman en sy donkie-vriende

Die drie, Tutu, Isabelle en Klarabelle, laat hom ‘terug kuier’ na sy grootword-jare op hulle geboorteplaas. Daar in die vrugteboord is vier donkies voor ’n eenskaarploeg ingespan. Dis nou volgens oom Kosie voor hulle opgegradeer het na osse toe.

As haar pa kom kuier en sy hoor hom skaterlag, dan weet sy ‘Oups’ en sy donkie-vriende geniet mekaar se geselskap. Riana het die foto geneem.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger