CVO-skool vier 30ste bestaansjaar Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 14 April 2022 09:39
Untitled Document

Die Christelik-Volkseie Onderwys (CVO)-skool Pretoria het sy 30ste bestaansjaar op 12 Maart met ’n feeskarnaval gevier. Kraampies, ’n kaskarbaan en ander aktiwiteite het vermaak aan feesgangers verskaf.

Dié private skool in Lynnwoodwegverlenging (Grahamweg) is lid van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) en was die eerste CVO-skool wat by die onderwysdepartement geregistreer is.


Awie Erasmus, hoofseun van 2005, aan die woord

Die skool het op 22 Januarie 1992 met 36 leerlinge begin. Die amptelike opening was op
27 Februarie daardie jaar. Twee dae later is die inwyding met ’n kermis gevier.


Oudleerling, ds Hendrik du Plessis, links, neem die onthulling van die nuwe skoolvlag waar. Hoofseun en -meisie, Petrus du Bruyn en Suné Janse Van Rensburg, hou die vlag omhoog
Foto’s: Verskaf

’n Nuwe skoolvlag is by die feeskarnaval bekendgestel. Oudleerling, ds Hendrik du Plessies, het die onthulling waargeneem en Petrus du Bruyn en Suné Janse Van Rensburg, hoofseun en -meisie, het die vlag vir die eerste keer gehys.

’n Tydkapsule vol boodskappe, wat eers in 2032 oopgemaak mag word, is in ’n gat verseël. Dr Waldo van Niekerk, die hoofseun van 2014, het dié seremonie behartig.


Die Vermaak-gesin by hulle kaskar

Ds Carl Vermaak van die Bybelgenootskap, wat ook ’n skoolouer is, het ’n Bybel met die skool se wapen aan skoolhoof, Marius Kruger, oorhandig.

Awie Erasmus, hoofseun van 2005, het namens die oudleerlinge ’n boodskap gelewer.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger