‘Oorgewig Barbie’ trek skaal die swaarste Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 14 April 2022 09:38
Untitled Document

Die 18de Goliat van Gat pampoengroei-kompetisie het weereens ’n nuwe rekord pampoen van
846 kg opgelewer. Dit is ’n verbetering van 56 kg op die vorige een van 790 kg, en net 21.5 kg kort van die Suid-Afrikaanse rekord van 867.5 kg, gehou deur Willem le Grange van Mosselbaai.

Wykus Lamprecht van Meyerton met sy ‘Oorgewig Barbie’ is op 19 Maart by die pampoenfees by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton as wenner gekroon. Die Smal-familie van Sundra het goed presteer: ’n tweede plek vir Dirk (242 kg) en derde plek vir Jackie (229 kg) terwyl Ruben en Ané saam die eerste plek vir juniors (onder 16 jaar oud) verower het met ’n mooi pampoen van
89 kg.


Ruben, Dirk, Jackie en Ané Smal
Foto’s: Verskaf

Dié jaar was die eerste keer dat die Goliat van Gat-kompetisie ingeskakel het by “Great Pumpkin Commonwealth”(GPC), wat wêreldwyd die kompetisies koördineer, en waar inligting, gewigte en deelnemers ook erkenning kry in die internasionale arena.

Die Goliat van Gat-kompetisie word deur TLU SA se Cullinan Boere-unie gereël en dit is waar die fees se naam vandaan kom – Cullinan is bekend vir die groot gat waar die bekendste diamant in die wêreld uitgehaal is.


Henri Combrink, links, en die wenner, Wykus Lamprecht, met ‘Oorgewig Barbie’

Al die pampoene – 1 950 kg – wat op die dag ingeskryf was, is aan welsynsorganisasies geskenk en is aan behoeftige gemeenskappe in en om Pretoria uitgedeel. Op die manier ploeg Cullinan Boere-Unie weer terug in die gemeenskap deur bewusmaking, betrokkenheid en omgee.

Pitte en inskrywings sal eersdaags beskikbaar wees vir 2023 se kompetisie. Bel Henri Combrink:
082-552-9428 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger