In ons tuin gekry Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 14 April 2022 09:31
Untitled Document

Corrie en Lana Vermaak van Rayton:
Ons het hierdie mot in ons tuin op die gras gekry. Wat word die mot genoem?


Die mot wat Corrie en Lana gevind het, is ’n gewone pou-oogmot

Petro Lemmer van Cullinan antwoord:
Dit is die gewone pou-oogmot, Bunaea alcinoe, wat in Engels bekend staan as die “cabbage tree emperor”. Sy lê haar eiers op kiepersol, essenhout en bauhinia. Die larwe is groot en swart met rooi kolle en wit stekels.


Die larwe

 

© 2024 Die/The Bronberger