Swak diens Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 14 April 2022 09:29
Untitled Document

Johan Vosloo van Kleinfontein:
Het weer met ’n skok bewus geword dat ek in Suid-Afrika woon en noodgedwonge die besighede in Suid-Afrika moet ondersteun.

Elders in die wêreld beskou die verskaffers dat hulle voortbestaan deur/van hulle diens aan die gemeenskap afhang. In Suid-Afrika, blykbaar, werk dinge ’n bietjie anders. Diens kom halfhartig en dit word as ’n guns gereken om te bedien – meer male is die norm in die land dat diens kom met ’n fooi onder die tafel deur.

Ek is ’n ou man, kort duskant ’n eeu, en ek het my geboorteland geken as ’n kroonjuweel in Afrika. Ek was die wêreld vol en my land kon met eer kersvashou met die beste wat die wêreld kon bied.

Maar, o wee, kom ek by die plaaslike ondernemings op Rayton – ek moet tog soms van hulp gebruik maak – en durf jy aandring op diens, word jy beskuldig van oneerbiedigheid. Durf jy van frustrasie net wegstap, word die sekuriteit agterna gestuur om vas te stel of jy vir jou aankope betaal het.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger