Rare kans Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 14 April 2022 09:29
Untitled Document

Cherie Prinsloo van Swaeltjie:
Ek is ’n groot Bronnie-leser (voel al deel van die meubelstukke).

Ek het vanoggend hierdie pragtige kans gekry om ’n baie skaars inwoner af te neem en wil dit graag met julle deel – ’n brulpadda.

Die foto is om 7:27 vm op 4 April geneem op Swaeltjie, Zwavelpoort.


Brulpaddas lyk dalk bedeesd maar hulle kan byt dat die bloed loop

’n Mens sien die bedreigde reuse brulpadda, Pyxicephalus adspersus, net een of twee kere ’n jaar en dit net wanneer dit goed gereën het. Dit is ook net in die reënseisoen wat jy die mannetjie se brul sal hoor, wat dié padda sy naam gegee het. Hy sal net brul as hy klaar sy gebied afgebaken het, is dan baie aggressief en skroom nie om indringers – hetsy mens of dier – storm te loop nie. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger