Omdat ek wil Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 14 April 2022 09:27
Untitled Document

Charles Thompson van Boekenhoutskloof:
As ek nou eerlik moet wees as iemand vra waarom ek ’n plaasaap is, dan is dit maklik.

Dalk onfatsoenlik. Dalk verkeerd en verdoemend en ‘kommin’ in die meeste se oë. Maar daar is niks (of amper niks) vergelykbaar daarmee om by die deur uit te stap, die oomblik as die ooster kim lyk of hy wil lig kry, beker in die hand vol stomende koffie, met ’n verskriklike nood tot waar die bos begin nie.

En daar, terwyl blydskap jou vervul as die oggendster nog hoog sit, “Good Morning South Africa” uit volle bors te skree en die rustigheid te hê as jy water afslaan dat die stoom so trek. Dan besef ek weer, die seën om te kan sê; ek is hier omdat ek wil. Omdat ek mag.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger