In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Dié uitsonderlik foto van ’n sonsopkoms geneem deur die katrolwiele op Cullinan se mynskag, is die werk van Ruan ‘Buffalo’ Smit

Die inwonende muishond-egpaar op Eus en Ann de Clerk se erf, het met hulle kroos kom spog

Wie wil dan waterskoene hê as die grondpaaie by Bapsfontein perfekte kaalvoetplasse bied ná ’n lekker bui reën. Ria Els het die foto geneem

Albert Bester het dié lywige hottentotsgot op sy werf raakgeloop

Waar ’n wil is, is ’n weg. Liezel Yssel het dié voorbeeld daarvan in Cullinan afgeneem

Lesers het heelwat foto’s van die uitsonderlike rooi dagbreke en sonsondergange teen die einde van Februarie in die gebied aangestuur. De Waal Venter het dié opkoms afgeneem

Tonele soos dié laat haar opnuut in sprokies en feëverhale glo, sê Laurika van der Linde

Die sonsopkoms oor die Ou Bronkhorstspruitpad en Rhenosterfontein-kruising is deur
Sumari Stone vasgevang

Die einde van nog ’n dag in Bronkhorstspruit soos deur Laurika van der Linde se lens gesien

Met die son van agter, lyk die kromsteelbek van dié geelbekneushoringvoël bykans deurskynend, sê Gene de Lange van Shere, wat die foto geneem het

Die sonstrale beklemtoon die ragfyn spinwerk. Abrihahn Goose het die foto geneem

’n Mens sou jou maklik kon misgis, maar dit is nie ’n monsteragtige groot by nie. Die veldblommetjies wat Emma Koekemoer afgeneem het, is baie broos en klein

’n Oorvloed van groen en van water op Boekenhoutskloof ná die baie reëns
Foto: Altie Potgieter

Werner Cornelius van Cullinan wys hoe helder die maan teen tien uur die nag van 15 Februarie
geskyn het

Een van die opslag-kosmosse in `Alet Erasmus se ‘wilde tuin’ wat vir blomme in die huis sorg

Albert Bester het dié steelfoto van ’n netjiese tiptol geneem

Iets bykans adelliks is in die houding van dié gans van Rooikoppies te bespeur
Foto: Johann van der Linde

Sonder sy medewete, sê Buks Barnard van Elandshoek, het dié wit werfkapokhennetjie loop nesskrop op ’n bed in die buitekamer en het op ’n mooi dag nader gestaan om met haar kroos van
sewe te kom spog

In Februarie reeds het die swaeltjies in die gebied begin saamtrek om vir die trek noordwaarts voor te berei. Emma Koekemoer het die foto geneem
|