Nuwe bevelvoerder Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 18 March 2022 13:28
Untitled Document

Bronkhorstspruit-polisiestasie het in Februarie ’n nuwe stasiebevelvoerder verwelkom.

Kolonel Maqhawe Simon Dhladhla het nou saam met die vorige bevelvoerder, wyle kolonel Sandy Scheltens, gewerk toe hy stasiebevelvoerder van Cullinan-polisiestasie was. Sandy het haar stryd teen Covid op 23 Julie verlede jaar verloor.


Die nuwe bevelvoerder vir Bronkhorstspruit-polisiestasie, kolonel Maqhawe Simon Dhladhla
Foto: Verskaf

Die 53-jarige kolonel Dhladhla het sy polisie-loopbaan in 1989 op Morgenzon begin en het die afgelope 33 jaar poste as stasiebevelvoerders en hoof van Vispol by verskeie polisiestasies gevul.

Bronkhorstspruit-polisiestasie het ook ’n nuwe Vispol-bevelvoerder gekry – luitenant-kolonel Sibonile Mlaba. Luitenant-kolonel Matthys Strydom is tot speurbevelvoerder bevorder.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger