News -
Aktueel
|
Friday, 18 March 2022 13:27 |
Untitled Document
Dit was ’n geval van wolf in skaapsklere aankeer toe die reaksielid van een sekuriteits-maatskappy ’n lid van ’n ander veiligheidsfirma uit dieselfde omgewing ná ’n wilde jaagtog in Februarie vasgetrek het weens kabeldiefstal.

Die kabels wat in die ‘wolf’ se voertuig gekry is
Die kabel is in die oop stuk grond oorkant die Paul Jungnickelhuis uitgegrawe. ’n Reaksielid van Echo-1 het toe die verdagte dief, ’n lid van ’n ander sekuriteits-onderneming, in ’n wilde jaagtog uiteindelik in Nellmapius vasgetrek.

Die voertuig van Echo-1 keer dat die vermeende kabeldief nie verder wegkom nie
Die vermeende kabeldief wou aanvanklik nie sy wapen oorhandig nie, maar is uiteindelik deur sy mede-veiligheidsman vasgetrek. |
|