Van Riebeecktak vier 70 jaar Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 18 March 2022 13:21
Untitled Document

Die Vroue Landbou Unie (VLU) se Van Riebeecktak op Bronkhorstspruit het sy 70ste verjaardag op 15 Februarie gevier. Dié tak is op 2 Februarie 1952 op die plaas Jakhalsfontein gestig.

Die tema van die geleentheid was ‘hande’ en maande voor die tyd het lede kunstige hande van alle soorte gemaak. Elizabeth Kendall, die tak se eie kunstenaar, het die hande vir die kaartjies geskep. Die tafels het elk ’n ander dekade uitgebeeld: 1950 – 1959 tot by 2010 – 2020.


Elizabeth Kendall maak haar handafdruk
Foto: VLU Van Riebeeck

Sanger Dawie de Jager, seun van bestuurslid Luitha de Jager, het die verrigtinge met ’n sangitem geopen. Die amptelike opening daarna was deur Elizabeth Kendall, wat ook die tak se skakelbeampte is.

Sally Ferreira, die kompetisiesekretaresse, het die eregaste verwelkom. Daarná het Marie Roos ’n kykie in die tak se geskiedenis gegee, ondervoorsitter Dot Kruger het ’n storie oor hande voorgelees en Marié Smit het die simboliek van die twee vaandels verduidelik.

Luitha, organiseerder van die vieringe, het die hande-tema met kleurvolle woorde opgehelder.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger