Legende wen Valentyn-prys |
|
|
News -
Ons Mense
|
Friday, 18 March 2022 13:19 |
Untitled Document
Rugby-legende, die 86 jarige Frik du Preez, het Cullinan oor Valentyns-naweek besoek, min wetende dat hy die groot prys in die Valentyn-kompetisie gaan wen.
Ondernemings in die onderste helfte van Oaklaan het op die naweek van 12 en 13 Februarie ’n prik-’n-ballon kompetisie gehou. Amanda Taljaard van Just Ginger, aangetrek as die Koningin van Harte, en Christiaan Bezuidenhout van Ketelkraal, aangetrek as Cupido, het met die ballonne van kuierplek tot koopplek geloop en besoekers kon ’n wye verskeidenheid pryse wen. Frik se prys was die grote – ’n naweek vir twee by Cullinan Diamond Lodge.

Rugby-legende, Frik du Preez, saam met Amanda Taljaard, wat die geskenkbewys oorhandig het
Foto: Verskaf
Frik het op 7 Januarie 1961 vir die eerste keer vir die Springbokke uitgedraf teen Engeland op Twickenham. Hy het sy laaste toets in die ouderdom van 35 jaar op 7 Augustus 1971 gespeel. As bewys van die agting wat Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners vir hom het, is Frik as die land se rugbyspeler van die twintigste eeu aangewys. |
|