Gewilde posmeester só onthou Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 18 March 2022 13:16
Untitled Document

’n Mooi, wit bank is voor die poskantoor in Cullinan opgerig ter herinnering aan wyle Anette Zorgman.

Anette was vir baie jare die dorp se posmeester en het ook as Rayton se posmeester diens gedoen.

Sy was bekend vir haar vriendelike en doeltreffende diens en was baie gewild as posmeester en lid van die gemeenskap. Anette is op 23 Desember skielik oorlede ná ’n hartaanval.


Wyle Anette Zorgman en haar man, Jan

Volgens ’n vriendin van haar, Magdèl Goose, sal Anette onthou word as iemand met ’n hart van goud. Sy sou uit haar pad gaan om mens en dier te help waar dit nodig sou wees. Anette laat ’n leemte, nie net in haar familie se lewens nie, maar in almal wat haar geken het s’n.

Haar man, Jan, het MLM Konstruksie bedank vir die mooi gebaar om die gedenkbankie voor die poskantoor op te sit.


Die gedenkbank wat vir die gebied se gewilde posmeester opgerig is

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger