Hulle voel vere Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 March 2022 13:09
Untitled Document

Stephan Oberholzer van Zwavelpoort:
Met ’n besoek aan die Pretoria-Oos Begraafplaas op Sondag 6 Maart was ons geskok om te sien hoe honderde liter water elke minuut uitborrel. Wie betaal vir hierdie water?

Ek het dit aangemeld, en was ’n verwysingsnommer gegee, maar die persoon met wie ek gepraat het by Tshwane het so sag gepraat, ook nadat ek haar mooi gevra het om asseblief harder te praat, sonder enige beweging van haar om harder te praat. Al wat ek dus kon uitmaak van die verwysingsnommer was iets van 6625.


Die waterlekkasie

Die mense daar by die begraafplaas gee ook vere om oor die lekkasie, en openbaar ’n nie-omgee houding.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger