Verwoede aandstorm Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 March 2022 13:07
Untitled Document

Ria Pieterse van die plaas Kleinfontein:
Wanneer die wolkkolomme opbou uit die noordooste en beweeg in die rigting van Pretoria, kan jy maar weet daar is haelskade op pad.

’n Verwoede aandstorm oor Donkerhoek en Kleinfontein het dit een aand in Februarie weereens bewys. Oumense gaan slaap mos vroeg, so ek weet nie hoe laat die storm ons getref het nie.

Witblitse, hael en wind naby Rayton. Dit was die een wit sweepslag na die ander – so helder dat jy nie daarna kon kyk nie en groot haelkorrels is deur die wind gedryf en teen die vensters gesmyt sodat dit geklink het of dit kan breek.

Ek was te bang om deur die gordyne uit te kyk. Die wit weerlig het reg deur die gordyne geflits. Die elektrisiteit is ook uitgeslaan. Vinnig maar met geweld.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger