News -
Briewe
|
Friday, 18 March 2022 13:04 |
Untitled Document
Katy Marais van Rayton:
Graag wil ek weet van wanneer af mag Absa weier om 10c en 20c stukke te vat om vas te maak?
Het vir ’n familielid by ’n drankwinkel twee biere gaan koop. Die dame weier om 10c en 20c stukke te vat, want volgens haar weier Absa om dit om te ruil. By gesê, dit is nie die eerste keer nie. Nou waarom kry ’n mens kleingeld so, maar dit word geweier by die toonbank?
Kan iemand dalk lig werp hierop en is daar nog plekke wat so maak? |
|