Aan mý gemeenskap Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 March 2022 13:01
Untitled Document

Hendrik Opperman van Witpoort:

Ek en my vrou Grietha is die afgelope tyd deur dale van doodskaduwees, maar God het voor en agter, bo en onder geloop met sy hand van liefde en beskerming oor ons.

Ek kon Grietha amper verloor het die afgelope week: Die verhaal strek van ongevalle by ZA Hospitaal, hartversaking, maagvliesontsteking, weer in der haas trauma-eenheid toe, ’n angiogram en twee bloedklonte deur haar longe. 

Ek is so bly ons kan dit met ons Bronnie-maats deel. Báie dankie vir die hele gemeenskap se meelewing en bemoediging. My gemeenskap. My oupagrootjie, Rudolph Willem Jacobus Opperman, het hom in die 1860’s hier op Witpoort kom vestig. 


Hendrik en Grietha Opperman van Henopper Melkery op Witpoort

Ek en Grietha ken mekaar al 54 jaar en is bykans 52 jaar getroud. Ons het mekaar op 22 Junie 1968 op Delmas ontmoet en is op 8 Augustus 1970 getroud. Ons bly nog ons lewe lank hier neffens Laerskool Witpoort, wat my oupa Flip Opperman-hulle en die gemeenskap in 1904 begin het.

My kleinkinders is al die sesde geslag hier. Eintlik die sewende geslag, want Grietha se oor-oor oupagrootjie was my oupagrootjie se oudste broer en hulle was met twee Bronkhorst-susters getroud.

Hier is gelukkig nie intelingsprobleme nie. Ons het drie getroude kinders en agt kleinkinders, almal baie intelligent.

Brief verkort. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger