Die eerste keer Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 March 2022 13:00
Untitled Document

Daleen Reiners van Bashewa:
Ek het iets gesien wat my laat wonder het hoekom. Dit lyk soos geelvinkies wat ons appelkoosboom se blare afpluk en laat val. Die takkies is kaal gepluk. Onder die boom lê ’n hoop blare.


Die nessie in die appelkoosboom

Later het ek die antwoord gekry. Hulle maak takke skoon om nessies te bou. Hulle het nog nooit hier gebou nie, maar wel buite ons erf. Ek is so opgewonde oor ons bome nou groot genoeg is vir hulle om te bou. Ek probeer ook struike plant met vruggies vir voëls en blomme vir die bye. Sal maar sien of vroulief-vink tevrede is met haar nessie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger