News -
Briewe
|
Friday, 18 March 2022 12:57 |
Untitled Document
Charles Thompson van Boekenhoutskloof:
Die gaatjie: Iewers is ’n gaatjie in die dak. My plafonlose sinkdak. Met die son se terugloop winterkant toe het hy vanoggend die gaatjie met die regte invalshoek gevang.
En daar sien ek weer . . . ’n sonstraal. Vasgevang in ’n raam van donker. En met mooikyk sien ek miljoene stofdeeltjies wat in die straal baljaar, wat wegraak as hulle uit die baan van lig beweeg. Asof die straal alles laat dans wat deur dit beweeg . . .
Skielik is daar ’n bedroefdheid in my. Asof ek moet verstaan, moet weet, maar ek is ongereed . . |
|