News -
Briewe
|
Friday, 18 March 2022 12:55 |
Untitled Document
Elmari Atterbury-Nell, voorheen van Pretoria:
Die 21ste Februarie sou William George Atterbury se 94ste verjaardag gewees het. Hy was ’n man met ’n kleurryke lewe en ’n lus vir die lewe soos min ander.
Buiten sy sang- en skildertalente, het sy hande vir niks verkeerd gestaan nie. Hy kon enige iets regmaak – al moes hy soms deur die nag planne bedink het.

William George Atterbury
Twee dinge staan bo alles uit wanneer ek aan hom dink: Sy onwrikbare liefde vir sy Skepper. Sy ongelooflike liefde vir mense. William het die vermoë gehad om elke persoon met wie hy te doen gehad het, te laat voel of hulle die heel belangrikste persoon op aarde was.
Hierdie is dinge wat elkeen van ons kan nastreef. Ek is vandag bevoorreg om foto’s en so bietjie van sy lewe te kan deel.

William en Helen Atterbury
En ek is bly om te kan sê William is mý oupa en ek is baie trots op die man wie hy was en die nalatenskap wat hy vir ons gelos het. |
|