In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.

Die water stroom behoorlik van die Bronberg af op pad na ’n opvangdam in Zwavelpoort se Kiepersolkamp ná nog ’n bui reën in Januarie. Engela Botes het dié treffende foto geneem

’n Uitgevrete springbokooitjie geniet die oorvloed wat die somer-neerslae gebring het by
die Stillbosch-reservaat
Foto: Johan Pretorius

Die son sak oor Bronkhorstspruit se gholfbaan
Foto: Laurika van der Linde

Paul Gerber het dié ‘padblokkade’ in die Bronberg Bewarea teëgekom. Hy is nie seker of dit eerder ’n ‘sebra-kruising’ genoem moet word nie

Nog ’n dag begin op Witfontein
Foto: Ursula Joubert

Sjoe, maar die kos in hierdie kombuis ruik lekker. Dít is wat Helena Naudé Potgieter van Tweedragt se Duitse herdershond volgens haar sê

Vir haar bly dit een van ons wildlewe se mooiste wesens, sê Emma Koekemoer. Sy het dié foto van ’n jongerige koedoebul op ’n wildsplaas in die omgewing afgeneem

Eus de Clerk het dié reënboog oor Cullinan afgeneem met die maan wat reeds in die agtergrond in die blou lug hang

Haar spesiale plekkie om teen skemertyd te sit en stil te raak, sê `Alet Erasmus van Kleinfontein

Dié kuifkopvisvanger het voor Ludwieg Botha se kameralens gaan sit op die Bothas se
plaas buite Cullinan

Dié asemrowende toneel is met sonsondergang deur Laurika van der Linde in die
gebied vasgevang

Die baldadigheid van die jeug word met die ouer garde in die Premier-wildreservaat gedeel. Albert Bester het dié troppie blouwildebeeste voor sy lens gekry

Dié veldlelie wys haar mooi gewaad slegs ’n dag of twee per jaar. Dit staan in die volksmond bekend as die Oranjerivierlelie en ook die kopseerlelie. 'Alet Erasmus het dié een raakgeloop

Uitgestrek lê dié ‘kafeekat’ in die sonnetjie agter Cullinan se Stasie-restourant
Foto: Reuben Yssel

Die opkomende son sukkel om behoorlik gesig te wys deur die wolkformasie oor Rooikoppies
Foto: Johann van der Linde

Geen tekort aan weiding of water vanjaar in Zwavelpoort se Kiepersolkamp nie. Engela Botes Hennop het die foto geneem

Mari Dreyer het dié sonsopkoms oor Zwavelpoort om 5 vm op 25 Januarie bewonder

Knus in hulle nessie sit dié swaeltjie-broeipaar op ’n Zwavelpoortse stoep
Foto: Engela Botes
 Ná ’n lekker reënbui op Welbekend het Ronéll van der Merwe dié foto geneem
|