Besoedelde water beland in reservaat Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 18 February 2022 17:48
Untitled Document

Erg besoedelde water, wat uit stormwaterpype kom, beland in die Moreletakloof-natuurreservaat en so in die Rademeyerspruit, wat later in die Roodeplaatdam in vloei.

Vriende van Moreletakloof se Jeannie du Plessis sê dat dit lanklaas so erg was soos op
29 Januarie. Sy sê dat dit nie riool is nie, maar iets wat in die stormwaterpype gepomp word in die strate bokant die hoek van Rubensteinrylaan en Jacquestraat, Moreletapark.


Die besoedelde water in die reservaat
Foto: Vriende van Moreletakloof

Jeannie sê dat die Vriende die water deur spesialiste laat toets om te probeer agterkom wat die besoedeling veroorsaak.

Nog ’n nuwe bron van besoedeling is glo die asblikgrawers wat plastiese en herwinbare items was in die Rademeyerspruit naby die brug oor Rubensteinrylaan en die ingang na die Wingate-gholfbaan. Jeannie sê dat die regte bronne gekontak is om dié probleem aan te spreek

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger