Dwelmhandelaars aangekeer Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 18 February 2022 17:47
Untitled Document

Twee mans is in Januarie in hegtenis geneem vir dwelmhandel in Bronkhorstspruit.

Volgens polisiewoordvoerder, konstabel Munyadziwa Ramovha, het die polisie ’n ondersoek geloods ná hulle ’n wenk ontvang het van ’n verhoorafwagtende in ’n saak oor dwelmhandelaars.

Die polisie het twee verdagtes op 16 Januarie begin dophou. Op 18 Januarie het die polisie ’n saak van inbraak en diefstal, wat vroeër aangemeld is, ondersoek. By een van die verdagtes se huis is 48 pakkies dwelms gevind asook ’n plasma TV, wat aan die inbraak en diefstal-saak verbind kon word.


Geld, dwelms en die televisiestel wat gevind is
Foto: Verskaf

Die verdagte het aangedui dat hy nie al een is wat betrokke was nie en het gesê dat sy medepligtige vanuit ’n winkel op die hoek van Kerk- en Lanhamstraat werk. Dié tweede verdagte is met 38 pakkies nyaope in sy besit gevind.

Die twee verdagtes het bevestig dat hulle saam met dwelms handel dryf. Hulle is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, dwelmhandel en die besit van moontlike gesteelde eiendom.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger