Ongeluk eis lewe Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 18 February 2022 17:44
Untitled Document

’n Man is op 8 Februarie dood in ’n botsing tussen twee swaar voertuie op Lynnwoodweg-verlenging in die Tierpoort-gebied.


Die ongeluk op Lynnwoodweg-verlenging
Foto: Verskaf

Volgens Kyle van Reenen, Emer-G-Med woordvoerder, het die ongeluk ongeveer 3 nm gebeur. Hy sê dat die bestuurder in die voertuig vasgekeer was en op die toneel dood verklaar is toe paramedici daar aangekom het.

Kyle sê dat geen beserings aan insittendes van die tweede voertuig gerapporteer is nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger