Rekords spat by interhuis Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 18 February 2022 17:41
Untitled Document

Die Fisante- en Tarentale-spanne het mekaar die stryd aangesê op die atletiekbaan by Laerskool Witpoort se interhuis. Weens baie reën kon die interhuis nie op een dag afgehandel word nie, en is oor ’n paar dae in Januarie aangebied.


Zanica Grobler in aksie met verspring


Ruben Krugel met verspring

Die Tarentale het koning gekraai en die rekords het behoorlik gespat. Evaleigh de Bruyn (0/11) is as die Victrix Ludorum aangewys en Deronne Meiring (0/13) as die Victor Ludorum.


Nicole van Heyningen spring gemaklik oor die hoogspringlat
.


Zeldine Joubert met hoogspring
Foto’s: Tanja van Heyningen
.

Liné de Wet het die rekord gebreek vir meisies 0/10 in die 100 meter met ’n wentyd van 15.25 sekondes. Vir meisies 0/13 het Sheldine Joubert die 100 meter rekord gebreek met ’n tyd van 14.09.
Met die seuns 0/13 se 80 meter hekkies-item het Deronne Meiring en Chrispin Buloze albei die rekord verbeter na 14.31.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger