Geliefde Mooikloof-chirurg oorlede Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 18 February 2022 17:40
Untitled Document

’n Geliefde spinale chirurg van Mooikloof, dr Gareth du Plessis, is op 21 Januarie oorlede.

Gareth is verlede jaar ná 113 dae in die hospitaal ontslaan. Hy was 86 dae in Netcare Unitas-hospitaal se intensiewesorgeenheid en was 74 dae aan ’n ventilator gekoppel. Hy is aanvanklik met dermperforasie opgeneem by dié hospitaal, waar hy self gewerk het, en het nierdialise ondergaan en longontsteking sowel as Covid-19 opgedoen.


Dr Gareth du Plessis en sy vrou, dr Liandi Freese
Foto: Verskaf

Daarná het Gareth maande se rehabilitasie by die Muelmed-rehabilitasiesentrum deurgemaak. Hy het goed genoeg herstel om huis toe te gaan voor hy weer, dae voor Kersfees, in die hospitaal opgeneem is.

Die 48-jarige Gareth is aan komplikasies weens Crohn se siekte, wat perforasies en fistels in sy ingewande veroorsaak het, oorlede.

Gareth laat sy vrou, dr Liandi Freese, en hulle twee kinders, die 11-jarige Kira-lee en negejarige Liam, agter.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger