News -
Briewe
|
Friday, 18 February 2022 17:32 |
Untitled Document
Paul J Els van Pretoria:
‘Vrae oor verlate leeu-beeld’ in Die Bronberger se Januarie-uitgawe: Die leeu het ek seker so 12 jaar gelede daar [Monumentpark Uitbreiding Twee] afgeneem. Met navrae orals kon niemand my ’n antwoord gee nie.
Die vermoede is dat dit deur die Italiaanse gevangenes gedoen is in die Tweede Wêreldoorlog. Dink toe ek dit afgeneem het, was die letters nie daar nie, maar sal soek na my foto’s.
Ons het daaroor ook argumente gehad, maar nooit besluit wat reg is nie. Die ‘B’ [in CMB] het ons aanvaar as bataljon en die res onbekend. |
|