Leeu-beeld gedenk dalk vliegramp Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 February 2022 17:32
Untitled Document

Marco Nel van Pretoria:
‘Vrae oor verlate leeu-beeld’ in Die Bronberger se Januarie-uitgawe: Ek het so tyd gelede ook [’n brief] in Die Bronberger laat plaas oor die beeld naby die Waterkloof-lugmagbasis en hoewel ek bitter min inligting kon bekom, het dit vir my duidelik geword dat hierdie beeld opgerig is naby of by die plek waar ’n vliegtuig geval het wat juis Italiaanse gevangenes vervoer het.


Die verlate leeu-beeld wat lesers aan’t raai het

’n Klomp van die gevangenes het as gevolg van die ramp gesterf, waarna die krygsgevangenes vanaf Rayton-kamp [Zonderwater] die gedenkbeeld opgerig het ter nagedagtenis aan hulle landsburgers wat op hierdie tragiese wyse aan hulle einde gekom het.

Ongelukkig kon ek tot nou toe nog geen feit oor hierdie gebeurtenis op skrif kry nie.

 

© 2024 Die/The Bronberger