Voorwaar ’n puik publikasie Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 February 2022 17:31
Untitled Document

Gerhard van Zyl van Moreletapark:
Kan ek ook maandeliks u wonderlike tydskrif elektronies kry, asseblief?

Met die aanvang van die “lockdown” kon ek nie langer Die Bronberger in die hande kry nie en ek het gedog dit het gesneuwel. Toe loop ek dit toevallig by my barbier raak en ek was verlig, want dit is voorwaar ’n puik publikasie.


Een van die Bronberg se luiperds

Ek lees nou in die Maart 2021-uitgawe van die luiperds en dit herinner my aan die bydrae wat ek seker iewers in 2020 aan u gestuur het oor die luiperd wat ek een nag op die N1 doer naby die steengroef oor die pad sien hol het en ek wonder of dit ooit gepubliseer is? So nie, geen kwade gevoelens nie.

Ons het Gerhard laat weet dat sy brief in Oktober 2020 gepubliseer is. Die Bronnie is dwarsdeur die pandemie-tyd uitgebring. Daar was ’n paar maande in die begin van die grendeltyd wat wetgewing ons verhoed het om te druk en die fisiese tydskrif te versprei en dit is gelukkig hoe die elektroniese Bronnies gebore is, waarmee ons ook steeds aanhou. Lesers kan na die aflaai-afdeling op ons webtuiste, www.bronberger.co.za, gaan en al die elektroniese Bronnies sedert April 2020 daar aflaai. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger