Reën sorg vir sopnatste Desember Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 22 January 2022 06:34
Untitled Document

Hoeveel het dit van 1 tot 31 Desember in ons kontrei gereën? Volgens ‘Reënval in SA’ se maandtotale vir Desember 2021 het ons ’n rekord-Desember geniet. Ons wys hier hoeveel reën deur verskeie mense in verskillende gebiede van Bronbergland gemeet is.

Faerie Glen: Stephan Terblanche het 238 mm gemeet, die tweede hoogste sedert 1989. Hy sê dat die gemiddelde maksimum temperatuur van 26,6°C in Desember die koelste die afgelope 10 jaar was. In 2015 was dit 33,4°C.
Irene van den Berg het 265 mm in Faerie Glen gemeet en Antoinette Booysen 239 mm.
Die Wilgers: Jokie Wesseloo-Van Aartsen het 277 mm gemeet en sê dit is meer as dubbel hulle gemiddeld vir Desember, soos oor meer as 40 jaar in dié gebied gemeet.
Wapadrand: Johan Basson het 246 mm gemeet.
Moreletapark: Hannelie le Roux het 245 mm gemeet. Ettienne Snyders in Uitbreiding Vyf het
234 mm gemeet.
Garsfontein: Wally Alexander het 234 mm gemeet. Da-Ina du Randt het 244 mm gemeet.
Zwavelpoort: Amelia en Willoughby St Leger Denny het 287 mm gemeet.
Tierpoort: Pienaar Lochner het 250 mm gemeet. Lizette Riekert het 237 mm gemeet.
Bashewa: Maretha Schoeman het 204 mm gemeet.
Mooikloof: André Louw het 259 mm gemeet.
Mooiplaats: James Gregory het 214 mm 2 km oos van die Boschkop-polisiestasie gemeet.
Rietvlei View: Frans Schutte het 221 mm gemeet.
Bronkhorstspruit: Marié Smit het 232 mm op die dorp gemeet. Nicolaas Jacobs het 193 mm net buite die dorp gemeet.
Rayton: Steven Rouvoet het 258 mm gemeet.
Cullinan:Gerda Burke het 209 mm gemeet. Danie Clasie Claasen het 231 mm gemeet.

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger