Vrag gesteelde koperkabels gekry Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 22 January 2022 06:19
Untitled Document

Koperkabels met ’n straatwaarde van amper R1 miljoen, wat onder skrootmateriaal op ’n vragmotor versteek was, het die vinger gewys na ’n skrootwerf op Cullinan.

Die Tshwane-metropolisie het op 17 Desember met ’n patrollie langs die R513 ’n verdagte vragmotor met drie mans in voorgekeer en deursoek. Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, senior supt Isaac Mahamba, het gesê dat die beamptes sakke vol vermoedelik gesteelde koperkabels gevind het. Die bestuurder en twee insittendes kon nie sê waar die kabels vandaan kom nie en het net gesê dat hulle dit na ’n groot skrootwerf tussen die plotte neem.


Die koperkabels het ’n straatwaarde van amper R1 miljoen en is onder skrootmetaal
op ‘n vragmotor versteek
Foto: Verskaf

Met verdere ondervraging het die verdagtes erken dat hulle van ’n skrootwerf op Cullinan kom, waar hulle die kabels by die mense gekoop het wat dit daarheen geneem het. Die drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Mahamba het in Desember gesê dat dié kabels nagegaan word om te bepaal of dit verband hou met bestaande diefstalsindikate wat ondersoek word.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger