Vrae oor verlate leeu-beeld |
|
|
News -
Briewe
|
Saturday, 22 January 2022 06:01 |
Untitled Document
Susan Larney skryf:
Goeie dag, ek sou meer inligting wou hê oor die verlate leeu-standbeeld in die veld langs Monumentpark Uitbreiding Twee.
’n Foto van die verlate leeu-standbeeld
Die beeld van ’n leeu, wat lyk of dit uit sandsteen gekap is, is op ’n verlate stuk grond as ’n mens ingedraai het by die verkeerslig by Waterkloof Lugmagbasis in Veldpoustraat. Ons hoor dat die beeld in die Tweede Wêreldoorlog deur Italiaanse Krygsgevangenes gemaak is. Die gebied is glo verlate omdat daar sinkgate ingeval het. Dit lyk of daar springbokkoppe weerskante van die afkorting, CMB, is. Die SA Infanterie se kenteken was ’n springbokkop. Lesers wat meer hieroor weet kan vir ons ’n e-pos te stuur na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of ons bel by 012-734-0522. – Red |
|