Soek storie oor fietsryers Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 22 January 2022 06:00
Untitled Document

Pieter Strobos van Pretoria:
Dankie vir julle baie spesiale streekblad!

Ek is op soek na ’n berig wat geplaas is oor die fietsrit vanaf Pretoria / Johannesburg na Kaapstad deur ’n paar mense so in die omgewing van 1900.

Ek kry dit ongelukkig nie met die soekmasjien op Die Bronberger portaal nie. Dit gaan oor ’n paar fietsryers wat met fietse tussen Pretoria en Kaapstad gery het in ongeveer sewe tot 10 dae met fietse sonder die moderne ratstelsels.


Koos Jooste met sy fiets, soos verskyn in Die Bronberger van Maart 2014

Die Bronberger antwoord:
In Maart 2014 het ons in ‘Boerekryger Koos word Duitsland se eerste motiveringspreker’ geskryf dat Koos Jooste in 1893 sy vriend, Andries de Wet, vir ’n fietswedren van Pretoria na Kaapstad uitgedaag het.

Klaarblyklik sou die man wat wen ’n goue pond in sy sak kon steek. Koos het sy fiets ‘De Wolf’ genoem en dit het hom en sy yster-wolf slegs agt dae, 22 uur en 49 minute geneem om Kaapstad te bereik.

Hy het vertel hoe hy gras in sy fiets se pap wiele mos stop, hoe hy oor riviere geswem het en snags onder die sterre geslaap het.

 

© 2024 Die/The Bronberger