Het iemand my pa gesien? Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 22 January 2022 05:57
Untitled Document

Mary Botha van Kleinfontein:
My pa, Hercules Jakobus Dippenaar, genoem Kallie, is doofstom en vermis sedert die begin van Covid – einde April 2020. 

My pa het by my gewoon op Kleinfontein. Hy het die dag saam met my broer Pretoria toe gegaan. Hy wou met die trein Johannesburg toe gaan en was laaste deur ’n vriendin en haar seun in die Bertrams-area in Johannesburg gesien. Hulle is ook doofstom.


Kallie Dippenaar

Niemand kon hom opspoor nie. Hy het selfmoordneigings en het ook demensie. Hy verdwyn gewoonlik twee weke na sy pensioen. Maar almal by wie hy gaan kuier het, het hom nog nie weer gesien nie.

Hy was 76 jaar oud toe hy verdwyn het, is 1,7 meter lank en het 48 kg geweeg. Hy het sy blou kerk-hemp en donkerblou seil-baadjie aangehad. Hy is as vermis by die polisie aangegee. Sy saaknommer by die Bronkhorstspruit-polisiestasie is Mas1/04/2031 Sirkulasie 2021 m 1369.

As jy inligting het, kontak die SAPD Bronkhorstspruit by 071-612-1937 of die Pink Ladies by 072-214-7439 of 083-378-4882 of 08600-10111 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger