Onwettige Nuwejaar Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 22 January 2022 05:54
Untitled Document

Eus de Clerk van Cullinan:
Die aflope tyd was daar volop boodskappe op sosiale media en elders oor die onwettige afvuur van vuurwerke met baie voorskrifte en maatreëls wat gevolg moet word.

Dis tipies ’n geval van preaching to the converted – geplaas deur mense wat voorgee dat hulle belangrike inligting, en ’n noodsaaklike diens, aan die publiek verskaf. Maar dit daar gelaat . . .

Die bomme en klappers het op Oujaarsaand en daarna weer hoogty ge-vuur” in die gebied. Dit, nadat die eienaars van troeteldiere só mooi gevra het dat dit nie gedoen moet word nie.

Dit sal insiggewend wees om te weet hoeveel mense hier in die omgewing gearresteer is vir die afvuur van onwettige vuurwerke.

En sal dit nie gaaf wees as die metroraad hierdie inligting kan voorsien nie? 

Brief aangepas. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger