Toestemming gevra Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 22 January 2022 05:50
Untitled Document

Adry Stolk van Equestria:

Ek behartig ons aftreeoord, Equestria Village Retirement Centre, se maandelikse nuusbrief, ‘Uit die perd se bek’. Graag verneem ek of ek julle artikel oor die Lydia-opstal in Lydiana – ‘Bokwagtertjie trap diep spore tot voorstad na sy herehuis vernoem word’, verskyn in Die Bronberger van Maart 2021 – kan gebruik. Ek sal na julle as bron verwys.


Destydse minister Piet Grobler het Huis Lydia in die voorstad Lydiana, na sy vrou, Lydia, vernoem

Die rede hoekom ek dit wil gebruik, is dat my broer vir net meer as ’n maand getroud was met Dalene Grobler, wat ongelukkig skielik oorlede is aan ’n massiewe aneurisme. As gevolg van haar dood is die huis nou in die mark. Ek bemark nie die huis nie, maar gebruik dele van julle artikel, wat vir die inwoners interessant mag wees, veral omdat my broer in hierdie oord woon en aan die mense bekend is.

Ons het Adry laat weet dat hulle welkom is om die artikel in die oord se nuusbrief te gebruik met verwysing na Die Bronberger. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger