Groot plakkerskamp langs dorp beplan Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 11 December 2021 10:35
Untitled Document

’n Konsortium is blykbaar besig om erwe teen R10 000 per erf op grond op Rietfontein, grensend aan Rayton te verkoop.

Na verneem word, word dié erwe verkoop op grond wat nie hersoneer is vir dorpsontwikkeling nie en is dit volgens bekommerde inwoners duidelik bedoel vir ’n informele nedersetting.

Die groep wat die erwe verkoop het ’n aanbod aan die huidige grondeienaar gemaak. Dit blyk of hulle genoeg geld uit die erwe wil maak om die grond te koop en dan op die koop toe ’n goeie wins te maak.


Die grond waar erwe verkoop word, word op die kaart aangedui. Dit kan ’n plakkerskap tot gevolg hê wat so groot soos Rayton self is.
Foto:Verskaf

Mense is gevra om bedag te wees op die bedrywighede en enige verdagte transaksies aan die GPF-voorsitter, Karen Yssel, by 082-575-0222, aan te meld.

  • Met saktyd is verneem dat ’n groep inwoners ’n prokureur opdrag gegee het om ’n hofbevel te kry teen die onwettige verkoop van die erwe. Geld vir die aksie is glo deur skenkings van inwoners bekom.
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger