Leserslens Desember 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Saturday, 11 December 2021 10:23
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Verlate is die strate van Bronkie as die dag einde se kant toe staan
Foto: Laurika van der Linde


’n Kuifkophoutkapper staan nader nes se kant toe om sy/haar houtkapper-kroos te voer. Albert Bester het die foto geneem


Damian Hoffman het dié besonderse oomblik in die hemelruim op die plotte buite Bapsfontein vasgevang toe een van die laatmiddag donderstorm se blitse ’n reënboog verlig het


Wolke met silwer randjies en pragwolke daarsonder en die son gaan onder
Foto: Emma Koekemoer


Knoffelblommetjies van nader bekyk deur die lens van Albert Bester


Van punt-tot-punt strek die reënboog oor die hoewegebied buite Cullinan. Ruan Smit
het die foto geneem


Die helder blou hemel kontrasteer skerp met wit wolke oor die Rooikoppies-gebied. Johann van der Linde het die foto geneem


Vang my as jy kan! Dexter loer terug na fotograaf Nicole Nothnagel in sy wandeltog op die gesin se tuinmuur


’n Nuwe dag vol belofte begin skouspelagtig in die Stillbosch Natuurreservaat by Klipkop en Johan Pretorius is vroeg uit die vere om dit vas te vang


Antoinette Steyn het dié reënboog met sy spookbeeld ná ’n donderstorm op Grootfontein afgeneem


’n Lekker reënbui laat plasse water in die rante van Kleinfontein met veldblommetjies wat dit omraam. In die agtergrond lê die Boschkopvallei skoon gewas
Foto: `Alet Erasmus


Die begin van ’n nuwe lewe, sê Liezel Yssel oor dié foto van ’n jong vaarkoorblom


Die uitsig vanaf Donkerhoek oor Silver Lakes ná die heerlike 40 mm seën-reën vroeg in November. Sumari Stone het die foto geneem


Ek het amper al die stukkies kaas wat vir die kwikkies en lysters uitgesit is, verorber: Kwê, kwê, pê! Gene de Lange het die foto op Shere geneem


Die toneel, soos afgeneem deur Eus de Clerk, was só treffend dat hy gemeen het ’n mens kan dit raam en in die voorhuis hang


Die kroos van Skapie, die hans kapokhennetjie wat haar kuikens bo op ’n hangkas in Buks Barnard se Elandshoek-huis uitgebroei en grootliks in die huis grootgemaak het, meng bedags met die ‘gepeupel’ op die plaaswerf, maar staan huis se kant toe as dit laat word


Beloftes van neerslae op Witfontein
Foto: Ursula Joubert

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger