Vrou naby Donkerhoek-afrit dood Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 11 December 2021 10:06
Untitled Document

’n Vrou is dood in ’n raaiselagtige ongeluk naby die Donkerhoek-afrit van die N4-oos snelweg.

Emer-G-Med paramedici is die middag van 24 November na die ongelukstoneel uitgeroep waar hulle ’n ligte motor gevind het wat van die snelweg af is en teen ’n boom tot stilstand gekom het.


Die voertuig is naby die Donkerhoek-afrit van die snelweg af
Foto: Verskaf

Volgens Emer-G-Med was die bestuurder ’n 50-jarige vrou en die enigste insittende van die voertuig. Sy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk en gebeure wat dit vooraf gegaan het, was nie duidelik nie. Die saak word deur die polisie ondersoek.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger