Pretoria se verjaardag gevier Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 11 December 2021 10:03
Untitled Document

Pretoria het op 16 November 166 jaar oud geword. Professor Anton van Vollenhoven, wat ’n boek oor die voorgeskiedenis van Pretoria geskryf het, het met die verjaardagviering bo-op die Voortrekkermonument se dak ’n paar staaltjies oor die stad vertel.

Die Voortrekkers het Pretoria op 16 November 1855 gestig. MW Pretorius het dit as Pretoria Philadelphia, wat ‘Die Broederskap van Pretoria’ beteken, gestig en het dit na sy pa, Andries Pretorius, genoem.


Prof Anton van Vollenhoven aan die woord bo-op die Voortrekkermonument se dak
Foto: Verskaf

Pretoria het in Mei 1860 amptelik die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) geword. In 1910 het dit Transvaal en die nuutgestigte Unie van Suid-Afrika se hoofstad geword.

Tog het Pretoria vir dekades lank ’n dorpie gebly en het eers op 14 Oktober 1931 stadstatus gekry

 

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger