Rex en die kolbroek-varke |
|
|
News -
Briewe
|
Saturday, 11 December 2021 09:50 |
Untitled Document
Lydia Bruwer van Rhenosterfontein:
My hond Rex het die taak om die kolbroek-varke hier op ons plot op Rhenosterfontein, Donkerhoek op te pas.
Die varke neig stoep toe waar Rex, die oppasser, waaksaam sit. Die beer op die foto se naam is Skeerkwas, die een sog is Thumbelina en die ander vark is Jake junior.

Rex en sy kolbroek-varke
Baie dankie vir julle wonderlike tydskrif. Ek deel myne met al my kinders.
Geseënde Kersfees vir julle almal by Die Bronberger. |
|