Oaklaan se mol Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 11 December 2021 09:49
Untitled Document

Eus de Clerk van Cullinan:
Oaklaan se mol het maande gelede begin werk aan die pad en hy is steeds aan die werk. Miskien moet die padwerkers sy voorbeeld volg.

Vandag (25 November) is daar weer nie ’n enkele werker in sig nie en daar is net 12 werksdae oor vir die voltooiing van die pad – volgens die nuwe verlengde spertyd.


Die mol is die enigste een wat aan die pad werk

Die arme mol probeer eiehandig dat die kontrakteur hierdie keer sy beloofde spertyd gaan nakom. Of dit gaan gebeur, sal ons maar moet wag en sien. Indien nie, kan ’n mens net raai wat die nuwe verskoning gaan wees.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger