News -
Briewe
|
Saturday, 11 December 2021 09:48 |
Untitled Document
Trixie Benadie van Cullinan:
Dinge lyk deesdae anders by ons voëlvoerplek vir saadvreters. Hierdie jaar is daar ’n oorgrote meerderheid rooivinke, waar die voerplek altyd oorheers is deur die geel vinke (soos swartkeelgeelvink) met net enkele rooies.
Waarom kan dit wees?
Lesers wat dieselfde skielike afname in geel vinke ervaar, kan ons kontak by:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of 012-734-0522. Ons het dié navraag na Laetitia Steynberg van die voëlklub, Birdlife Northern Gauteng, aangestuur – Red.
Laetitia Steynberg antwoord:
Dis ’n baie interessante waarneming. Ek weet nie van enige rede wat daartoe sou aanleiding gee nie.
Sal gesels met mede klublede en hoor of daar elders sulke vink-veranderinge opgemerk is, dan gesels ons weer. |
|