Van hoogstaande gehalte Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 11 December 2021 09:47
Untitled Document

JJ Els van Pretoria Oos:
Goeiemôre, ek stel asseblief belang om die Bronnie maandeliks elektronies te bekom op WhatsApp. Hoewel ek ’n harde kopie meer sal waardeer, is dit egter moeilik bekombaar, aangesien ek nie oor ’n posbus beskik nie.

Indien ek gelukkig is, kry ek miskien een harde kopie per jaar by Bronberg Voere, waar ek gereeld voëlkos koop. Baie dankie vir ’n prag tydskrif. Die inhoud, verskeidenheid, bladuitleg en totale voorkoms van Die Bronberger, is van hoogstaande gehalte. Beslis die beste gemeenskapstydskrif in Gauteng. Doen asseblief so voort.

Ons is bly om te sê dat die Bronnies gewoonlik soos blits van die rakke af vlieg. Ons verspreidingspunte berig dat hulle Bronnies soms binne ’n enkele dag almal huise gekry het. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger