Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2021 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 15 November 2021 13:41
Untitled Document

Teen die Bronnie se spertyd was die onderstaande gebeure vir die datums wat genoem word, beplan. Inperkingsregulasies mag veranderings tot gevolg hê.


Nickel Kersmark is van 24 November tot 5 Desember, daagliks van 9 vm tot 6 nm, op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Dié mark is vernoem na die Paul Jungnickelhuis, ’n afdeling van Kungwini Welsynsorganisasie (KWO), en dien as ’n platform om produkte, wat in KWO se beskermde werkswinkel gemaak word, ten toon te stel. Dié jaarlikse mark is ’n fondsinsamelingsprojek vir die organisasie en daar is vanjaar meer as 150 uitstallers met iets vir almal, van speelgoed tot eksklusiewe dekorprodukte en ’n restaurant en teetuin. Skakel 012-940-0221 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Bid4Hope’s garden auction in aid of Jakaranda and Louis Botha Children’s Homes is on
1 December from 10 am to 1 pm at Mooikrans, 15a Midas Avenue, Olympus. Limited seats are available and all Covid-19 protocols will be in place. Tickets cost R250 per person. For more information phone Adri Joubert at 082-926-8460 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


A Sip and Paint Day with Sonja from Pretty Pots Studio as guest host will be held on 20 November from 9 am at plot 78, Vaalbank, Old Bronkhorstspruit Road, opposite Wet Nose. The theme is ceramic bird chimes or bird feeders for the garden. The price is R350 and includes coffee, tea and muffins in the morning as well as lunch. You are welcome to take your own wine. To book, phone Kat: 078-353-6334.

~*~


Die eerste Kersliggies Oppi-Plaas Kersmark is van 27 November tot 5 Desember by Legends MX, Rhenosterfontein, op die R515 pad, weekdae van 2 nm tot 10 nm en naweke van 8 vm tot 10 nm. Die R10 toegangsfooi word aan Help-Net Fonds se Safe House-projek geskenk. Daar is elke aand ’n vermaaklikheidsprogram. Kersliedere by Kerslig, gelei deur die Volle Evangelie Kerk Cullinan in samewerking met ander gemeentes uit Rayton en Cullinan, skop op 27 November af. Op
4 Desember is daar ’n vliegtuig en lugvaart-uitstalling wat deel vorm van die Pilot Insure Steady Climb Fly In & Aviation Expo. Die Lo’Cal strandpartytjie begin daardie middag om 2 nm. Besoek www.oppi-plaas.online vir meer inligting oor die gelukkige trekking vir R2 000 kontant en ’n Lo’cal Spirit Cooler geskenkpak ter waarde van R2 000. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


NG Tygerpoort-gemeente vier Kersfees met ‘Die lig van die waarheid’ op 21 November van 3 nm tot 8 nm. ’n Buitelug Kerssangdiens saam met die Vox-kamerkoor vind om 6 nm plaas. Vat jou kampstoel, gaan kuier en vier Kersfees onder die sterre. Daar gaan ’n Kersvader vir die kinders wees en hamburgers, pannekoek, worsbroodjies, Kersfeespoeding en ‘jaffels’. Skakel 012-809-0107.

~*~


Catz R Us Catmas arts and craft market is on Saturday 27 November at BodyMind Fitness, shop 91, Glen Village North on the corner of Solomon Mahlangu and Olympus Drive, Faerie Glen. Celebrate the end of a tough year with a market where it is not only about Christmas but about a charity organisation’s cats, kittens, fosters, volunteers and followers. Catz R Us is a registered rescuing, fostering, rehabilitation and rehoming organization that is 100% foster-based. For more information visit www.catzrus.co.za or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Steeds Donkie’, die opvolg van Frank Opperman se trefferproduksie ‘Donkie’, is op 28 November om 3 nm by Atterbury-teater. Meneer Swart, beter bekend as Donkie, is die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Hy word gebombardeer met uitdagings, soos swak akademiese prestasie in die Covid-pandemie. Akteur Frank Opperman en skrywer Dana Snyman het met ‘Donkie’ ’n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Sy storie word met humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en deernis vertel. Kaartjies kos R190. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-942-5951.

~*~


The next Mystery Ghost Tour in Cullinan is on 27 November from 5 pm to 9 pm. Host Mark Rose-Christie will lead you to haunted buildings and poltergeist phenomena, a pub stop and you will use a ghost hunting cell phone app, dowsing rods and enter a graveyard with a thrilling visual climax. There are plenty of guest houses if you want to enjoy all there is to see and do in this tourist town the next day. All details, prices and bookings are at www.MysteryGhostProductions.co.za.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger