Leserslens November 2021 Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 15 November 2021 13:34
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Laurika van der Linde het ’n aantal voortreflike foto’s van jakarandatyd in Cullinan aangestuur, waaronder dié een met Gato, die inwonende ‘kafeekat’ by ’n gewilde Italiaanse
restaurant op die dorp


Herculas van Tonder het dié vlinder op Klipfontein bewonder


Die vreugde van kindwees ná ’n reënbui op die plaas . . . Emma Koekemoer het dié foto geneem


Hy wil nou nie van ’n molshoop ’n berg maak nie, maar kat se kind verwag ’n baie groot gedoente vir aandete
Foto: Eus de Clerk


’n Plaasdam in die skermerlig net buite Cullinan
Foto: Ludwieg Botha


Amanda Pretorius het dié skaam Diederikkie op hulle plaas buite Cullinan gewaar. Dit is baie moeilik om een van dié voëltjies af te neem, maar Amanda sê dit was haar gelukkige dag


Liezel Yssel het haar rankrose afgeneem toe die swart Labrador, Hadassah, voor in die prentjiekoor kom lê het


Hy het veel later begin werk as wat die plan was, sê Buks Barnard. Die bewys van die rede hiervoor, is duidelik op die rekenaarskerm te sien. Dit het hom lank geneem om dit oor die hart te kry om Kaatjie se oggendslapie op die rekenaar te onderbreek. En toe hy dit eindelik doen, het die verontwaardige Kaatjie gesit en wag dat sy bed weer platgeslaan word


Water bring ook uitbundige vreugde vir Bianca Steyn se wakker werf-woef


Jan Frederik is so bekend in ons omgewing dat ’n mens maklik die skoonheid van dié outjie kan miskyk. Albert Bester het nie


Na ’n lang dag se swoeg by die Wet Nose-diereskuiling op Vaalbank, is dit sielekos om ’n klompie van die inwoners in die plaasdam op die plek te sien baljaar, sê Veronica van Greunen, wat die foto geneem het


Dit is nie aldag dat drie koedoebulle so mooi in gelid staan om vir ’n baie uitsonderlike foto te sorg nie. Johan Pretorius sê hy moes die ‘sneller’ vinnig trek voor die gelid verbreek is en vir fokus was daar nie tyd nie


Laurika van der Linde het dié uitsonderlike blik op ’n pragtige sonsondergang in die gebied meesterlik vasgevang


As jy gedink het die appels wat jy in die tuin uitsit is ‘net vir die voëls’, moet jy weer dink, sê Laurika van der Linde wat dié foto geneem het


’n Flukse vuurtjie in die voorgrond bring met aandskemering belofte van aangename samesyn met die Boschkopvallei in die agtergrond
Foto: `Alet Erasmus


Dié foto van Albert Bester gee ’n heel ander perspektief aan die uitdrukking “die kat uit die
boom uit kyk”


Beloftes van reën oor die mooi wêreld van Boekenhoutskloof
Foto: Altie Potgieter


Dit is slang-seisoen en Ludwieg Botha het dié rooilippie buite Cullinan afgeneem


Eus de Clerk het die veld ingestap om veldblomme voor sy lens te kry en het toe dié ‘profielfoto’ van ’n turksvyblom geneem

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger