News -
Ons Mense
|
Monday, 15 November 2021 13:31 |
Untitled Document

Die Stofpadtrappers het op 31 Oktober die Nguni-roete by Buffelsdrift aan die westelike grens van die Dinokeng-reservaat aangepak – “saam met ’n paar van die malles”, sê hulle. Dié is ’n sosiale fietsry-groep wat saam met vriende die stofpaaie in die ooste van Pretoria met hulle bergfietse aandurf, alhoewel hulle so ver as Bapsfontein, Cullinan en Bronkhorstspruit ook ry. “Dis altyd lekkerder om saam met ander te ry. Ja ons gaan dalk lag as jy val, maar eers nadat ons seker gemaak het jy leef nog.”
Foto: Facebook
|
|