Geesdriftige jongmense leer KI-tegnieke Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 15 November 2021 13:31
Untitled Document

'n Kunsmatige inseminasie-kursus (KI) op beeste is in die Oktober-vakansie deur Chrisjan van der Vyver aangebied. 


Kursusgangers besig met die prakties by Henopper Melkery

Die teoretiese gedeelte was op Tweefontein, net buite Bapsfontein, en het die volgende ingesluit: voordele van KI, esterus observasie, KI tegniek, sinchronisasie programme en geseksde semen.


Die praktiese deel van die kursus by Henopper Melkery

Lalique van der Vyver, ’n graad nege leerling van Hoërskool Waterkloof, het die gedeelte oor die geseksde semen aangebied. Sy het aan kursusgangers verduidelik dat die sperm-populasie volgens die geslag wat hulle dra verdeel kan word, omdat sperms wat die X chromosoom dra en vroulike diere teweeg gaan bring, 3,8% meer DNA het. 


Van links na regs:  Gustav Combrink, Jacques Ferreira en Gunter Combrink is graad nege
leerlinge by Affies

In ’n melkkudde is bulkalwers van geen waarde nie, maar druk van diereregte-groepe raak al hoe groter dat die ongewenste bulkalwers nie van kant gemaak mag word nie. Dit was ook haar onderwerp vir die Noord Gauteng-Wetenskap Ekspo.


Kursusleier, Chrisjan van der Vyver
.
.
.


Chanel van Heyningen, links, en Lalique van der Vyver, regs, is albei graad nege leerlinge by Hoërskool Waterkloof
Foto’s: Stone House Studio

Die praktiese deel van die kursus is by Henopper Melkery op Welbekend gedoen. Die kursus is met ’n praktiese en teoretiese eksamen afgesluit.


Carel Jacobsz, ’n graad nege leerling aan
Hoërskool Ermelo


Ingrid Cronjé, ’n tweede jaar veekunde-student
by Tuks

Chrisjan sê wat hom die meeste opgeval het, was die jongmense se geesdriftigheid om ’n tegniek aan te leer, moontlik omdat hulle in grendeltyd min geleentheid vir sulke kursusse gekry het.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger