Pas jou vee op dié feestyd Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 15 November 2021 13:17
Untitled Document

Boere word aangeraai om bykomende veiligheidsmaatreëls daar te stel om veediefstal oor die feesseisoen te verhoed.

Só sê TLU SA. Mort Mortassagne, dié landbou-unie se veiligheidskomitee-voorsitter, sê dat boere nie deur die statistieke wat toon dat veediefstal afneem, geflous moet word nie. “Dit is oëverblindery,” sê hy.

Mort sê dat boere die afgelope ruk al hoe meer vertroue in die polisie verloor het en uit pure moedeloosheid, nie meer sake aanmeld nie. Hy sê dat slegs sowat 20% van sake aangemeld word en ’n skamele 4% van sake suksesvol afgehandel word.

“Kanse om die boewe vas te trek is reeds so skraal en dan is die forensiese werk op veediefstal nie op standaard nie. Minstens 400 000 DNS-monsters op die databasis vir ontleding is uitstaande,” sê Mort.

Die TLU raai boere aan om by hulle plaaslike veiligheidstrukture in te skakel. As ’n boer ’n saak aanmeld, moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger